ABSA BANK BEPERK en THEMBI JOAN TAUOATSOLA
In die saak tussen: ABSA BANK BEPERK, Eiser, en EZRY TAUOATSOALA, ID: 7209105405088, 1ste Verweerder, en
THEMBI JOAN TAUOATSOLA, ID: 7508010578081, 2de Verweerder
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING
Ten uitvoerlegging van ’n vonnis in bogemelde Agbare Hof gedateer 16 Augustus 2012 en ’n lasbrief tot uitwinning, word
die volgende eiendom in eksekusie verkoop op Donderdag, 19 Junie 2014 om 11:00, by die kantore van die Balju
Hooggeregshof, Pretoria Suid-Wes te Azania Gebou, hv Iscorlaan & Iron Terrace, Wes-Park, aan die hoogste bieder:
(a) Eiendom bekend as:
Erf 3824, Atteridgeville Dorpsgebied, Registrasie Afdeling J.R., Gauteng Provinsie, groot 296 (twee nege ses) vierkante
meter, gehou kragtens Akte van Transport: T104085/2002 onderhewig aan die voorwaardes daarin vervat, ook bekend as
Tladistraat 22, Atteridgeville, Pretoria.
Verbeterings: Die verbeterings op die eiendom, ten aansien waarvan niks gewaarborg word nie, bestaan uit: Buitegeboue,
mure, lapa, sitkamer, kombuis, 1 badkamer, 2 slaapkamers.
Sonering: Woning.
1. Terme: Die koopprys sal betaalbaar wees soos volg:
1.1 ’n Deposito van 10% (tien persent) van die koopprys sal onmiddellik betaalbaar wees in kontant of bankgewaarborgde
tjek by verkoping daarvan; en
1.2 die balans betaalbaar binne 21 (een en twintig) dae by wyse van ’n goedgekeurde bankwaarborg.
2. Voorwaardes: Die volle voorwaardes van verkoping wat onmiddellik voor die verkoping uitgelees sal word, lê ter insae
by die kantoor van die Balju Hooggeregshof, Pretoria Suid-Wes, te Azania Gebou, hv Iscorlaan & Iron Terrace, Wes-Park.
3. Neem verder kennis dat:
Reëls van hierdie veiling is beskikbaar 24 uur voor die veiling by die kantoor van die Balju, Pretoria Suid-Wes.
Registrasie as koper, onderhewig aan sekere voorwaardes, word vereis i.e.:
(a) Inligting van die Verbruikers Beskerming Wet 68 van 2008
(URL http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAuction? id=99961).
(b) Fica-wetgewing in verband met identiteit en adres besonderhede.
(c) Betaling van registrasiegelde.
(d) Registrasievoorwaardes.
Geteken te Pretoria op hierdie 2de dag van Mei 2014.
(Get) A Hamman, Snyman De Jager Ingelyf, 6de Vloer, Bureau Forum Gebou, Bureaulaan, Pretoria, Gauteng; Posbus 565,
Pretoria, 0001; Docex 7, Pretoria, Gauteng. Tel: (012) 326-1250/Faks: 326-6335. (Verw: Mnr. A. Hamman/R van Zyl/F0004226.)
Aan: Die Balju van die Hooggeregshof, Pretoria Suid-Wes.